George Weideman (Geb. 1947)
kyk, die sterre het deurgebrand
in die ooste gloei die as
gekamerjas sit jy ketel op
en breek die mosbeskuit
wanneer jy buk oor my
sien ek die glimming van jou vel
buite kraai die roesbors haan
verlangs knipper die môrester
ek proe die koffie op jou tong
en snuif anys en wilderoosmaryn
ek snuffel oor jou bokkiespoor
die nag se buitelyn vervaag
Mal hieroor – ek ruik die koffie… o en daardie anysbeskuit van my ma!
O soetste taal…!
Pragtig! Laat my dink aan Boerneef se
“Ek wil ‘n ruik kan ruik as ek koffiewater kook…”
Boerneef praat van die tjoiingbos en renosterboskole, en beklaag die feit dat hy nou “elektries” moet kook.