Gedig: Opstanding

Argieffoto (Foto: giografiche, Pixabay)

Argieffoto (Foto: giografiche, Pixabay)

WEG Louw (1913 – 1980)

Drie dae was daar duisternis … Alleen,
in diep gelatenheid, soos in die sand
‘n suiwer saad wat wag op son en re”en,
het al Sy sterflikheid stil weggebrand:

die swaar en trae slakke van die vlees,
sy onrus, vrees, verwarringe en waan,
dat Hy, een met die Vader en die Gees,
verheerlik in die lig weer op kan staan.

Die wagte kon in daardie gloed nie kyk.
Die steen is afgewentel deur ‘n wind
wat uit vier hemelstreke op die aarde stryk
dat dit vergruisel is tot stof en grint,

en soos uit diepe duisternis ‘n vlam,
staan hoog en rank en smetteloos die Lam!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ansie Geldenhuys ·

Dankie Vader, Seun En Gees – ons kan lewe, want U het opgestaan uit die dood.

wanda ·

Tot ons weer ontmoet,. Dis so mooi, dankie maroela dat julle dit met ons deel!

TJ Polokwane ·

Dankie Maroela media vir die gedig! WEG Louw was een van ons grotes. Gedig is treffend!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.