Gedig: Oud word

Argieffoto Foto: galleryhip.com

Argieffoto Foto: galleryhip.com

Elisabeth Eybers (1915 – 2007)

Al noem hulle dit geseënde en gesonde
afronding van volvoerde strewe jy
sal sikkeneurig word en sleurgebonde
met yl gebare al hoe dieper gly

murmelgeluidjies uit op onervare
toetsende voete skuifelend bedees
en skigtig om jou rondkyk en as ’t ware
jou maagdelike herrese tante wees

met onvervalste dwaasheid toegerus
tot ingewyde dagdrome in staat
wat jy verbloem: hardnekkig ongeblus
bring hul beroering troos en doen geen kwaad.

Traagheid verleer ʼn skamele houvas.
Wees bly dat aangebore onvermoë
uiteindelik by jou nuwe status pas.
Jou kinders kyk nou toe sonder misnoeë.

Die sparteling hoe halfhartig ook bevat
genoeg teater om jou te laat lag
die oorgeblewe weerstand weg te glad.
Wie laaste lag lag roekeloos en sag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elna ·

Die woord ‘potgooi’ is ‘n swak vertaling van ‘pod cast’. ‘N ‘pod’ is beslis nie ‘n ‘pot’ nie. Ek gril elke keer as ek die woord op RSG hoor

Tersia ·

Ek weet nie of dit as n vertaling bedoel ws nie. Die woord was moontlik n woord wat geskep is om soortgelykte verwysing te wees. Dit wys net weer dat Afrikaans lewendig is en voortdurend nuwe woorde skep. Dit beskryf wel wat dit bedoel was om te wees,vir my in elke geval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.