Charles Fryer (Geb. 1946)
Dis oulaas stap, Pa:
jy in die middel en ons,
stram in kispakke,
maar regop, jóú seuns,
elk aan ʼn handvatsel.
Dis half swaar, Pa.
Ons is gewoond saamstap
en die suidewind
is bitterbos en reën.
Voor die kampie op die bult
wag die volk
om vir Pa te sing,
hul gesigte dobberend in die middagson.
Pa het dié tyd
altyd
ʼn bietjie gaan skuinslê.
-Calvinia, 1970
Dit is pragtig!
…trek my keel nou toe. Digters is geseënd om so baie met so min woorde te kan sê.
Dit is so mooi…..sien dit voor my geestesoog…..seuns (in ons geval, dogters) wat Pa se kis dra….’n laaste saam stap….
Wens ek het dié gedig gehad toe ons 10 jaar gelede my papa na sy laaste rusplek op aarde geneem het …
Pragtig en tog hartseer.