Gedig: Oumensvers

Argieffoto (Coombesy, Pixabay)

Argieffoto (Coombesy, Pixabay)

Theunis Engelbrecht (Geb 1965)

My verskrompelde klein ouma
met soveel sterfte saamgebondel op jou skouers:
jou hande is gekreukelde wolke
en jou hare grys soos die herfsblom van jou hart.
Jy stotter met die sleeptong van stomheid
en luister met verstopte oorskulpe
na die skoonheid van geen see
se brandergebreek.
Jy is ʼn klein droë ghnarrabossie
alleen in die woestyn van wegkruipwoorde.

O my liewe stom blinde dowe ouma
wanneer die wêreldgraf binnekort lywig bot
sal iets gods jou lam lyf aanraak
sodat jy kan vlieg
sodat jy kan vlieg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Vandag ook die teiken in plaasaanvalle.
Ek sit met trane in my oë . . . .

Eve Meyer ·

Ek sien my sus in die kategorie en ek is nie te ver agter haar nie. Waar is al die jare heen?
Hoelank sal die pyn van die ouderdom haar nog treiter? Ek sit ook met trane in my oe…..

anet ·

Dit is pragtig mooi,kosbaar en broos net soos ‘n oumensie

Eliza-beth ·

Theunis Engelbrecht – jy het my geraak waar dit tel met jou mooie woorde… Dankie!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.