Gedig: Piet-my-vrou

Foto net ter illustrasie. (Foto:
Benjamin Balázs/Unsplash)

Elisabeth Eybers (1915 – 2007)

ʼn Piet-my-vrou kaats uit die tuin
sy drie dun note teen die naat
wat kriskras om my skedelkruin:
die helder klankkartetse slaat
dat vuurrooi vonke alkant spat
en as hul straks die sponsbeen splyt
en deur die dura mater dring
tot in die warm witstof, spring
’n klein, blink lied – kristal fontein –
op uit die bedding van my brein…

Fluit, piet-my-vrou, fluit, fluit!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elmarie ·

Wonderlike spel met woorde…Ai my taal kan sing, selfs mooier as enige Piet-my-vrou!

Wielspore ·

Om woorde in ‘n kunswerk te omskep is ‘n talent, baie mooi gedig. My ma was altyd daarop ingestel om mooi afrikaans te praat en alhoewel ek nie ‘n digter of skrywer is, kry ek nogal komplimente oor my taalgebruik.
Hier by ons in die Laeveld kondig die Piet-my-vrou met sy geroep die aankoms van reen aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.