Ernst van Heerden (1916 – 1997)
Ponsie en sy Djoedie
kap koppe teen mekaar,
trek skewebek met liemaak
en doen so doening-raar:
dis babbel, oor-en-weer-verwyt,
ʼn oorveeg en ʼn oorlelsoen…
sy struikel, en kyk boos –
los veter aan haar skoen.
Elektries langs die garingtjies
laai hartstog in die hart,
die glasoog lyk my vonkel
koketterig, en tart:
bemin my of bemin my nie!
met rooimond teen sy wang
is houtgestolde liefde
in semelarms vasgevang.