Gedig: Pot wat praat

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

MM Walters (Geb: 1930)

Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? (Rom. 9:20)

Nee, oom Polla, jy het dit mis.
Jou houding van: The king can do no wrong
geld nie meer vandag nie.
Vandag het die pot inspraak, regte
as hy ‘n mens is, mag hy demokraties
krities kommentaar lewer op die pottebakker.
Diktators word nie meer geduld nie.
Die maker mág ondervra word. Nog meer:
onder kruisverhoor geneem word – pleegpligtige
wat verantwoording moet kom doen vir sy late.
Potte wat skeef staan op die rak, skepsels
wat kraak of lek, wil weet:
Het die hand van die bakker dan gebewe?
Bak en brou strek hom nie meer tot eer nie –
al is die pot klei wat geknie word in sy hande,
klei, waarvan sy voete ook maar gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.