Gedig: Protes teen Kersfees

Argieffoto

Argieffoto

Lina Spies (Geb. 1939)

Ek gaan my koes hou
hierdie Kersfees:
horende doof vir “Stille nag”
in supermarkte,
siende blind vir wattesneeu
teen vensterrame.
die sluipende ou heer met sy rooi mantel
en wit baard gaan ek vermy.

Ek gaan na ons nagtelike somerhemel kyk
en my voorstel hoe het die ster
bokant die stal gelyk.
Ek gaan my ore toestop
vir die geklingel van sleeklokkies
om te kan luister hoe die engele sing.

Ek wil my vasklem aan die krip
omdat ek so kan vasgryp aan die kruis:
koningshulde – wierook, mirre, goud –
uiteindelike geselslae, doringkroon, vloekhout.

(Uit: Die skaduwee van die son, deur Lina Spies)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bets Bothma ·

Wens so ek kon dit doen – so moeg vir die gejaag – na niks?

Eliza-beth ·

Dankie baie Maroela. Ek is laat met my bedanking – was uit “sirkulasie” vir paar dae maar die kan mens lees al is Kersdag verby. So mooi!

DPJ ·

Kan julle almal regtig teen die geld god op julle eie beklei?
Nader tot die lewende drie enige God in gebed en trek die volle wapentoerusting van die Bybel aan en koop die tyd uit.

DPJ ·

Dink julle verklik jul kan elleen teen die Geld god kan beklei?
Nader tot God drie enig in gebed en trek die volle wapentoerusting van die WOORD (Bybel) . Koop die tyd uit.

Elfie ·

DPJ – HUH?? Verstaan jou nie. Hierdie gedig is pragtig al lees ek dit nou eers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.