Gedig: Restitusie

Argieffoto Foto: led.co.za

Argieffoto Foto: led.co.za

Marius Crous (Geb. 1965)

so verlaat die ou boer dan sy grondjie
word die geelkoper en die papierwerk
van ʼn leeftyd gelorrie,
sien hy deur die klipgekraakte vensters
vir oulaas die skemer aankom oor die veld
vir oulaas groet die slaapvoëls onderweg,
oulaas kom die volk voor die agterdeur.
die oubaas steek sy hand uit
na die voorman
in sy handige skoffelhand ʼn panga
die wasvrou spoeg na sy blink skoenpunte
ʼn jouende skaar jaag die lorrie
soos ʼn droë koei van die werf
tot by die teerpad.
hy wou nog stop vir oulaas by die grafte
van sy voorsate en sy vrou,
wat leeggebloei het op die voorstoep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jean ·

Ja en so verval Suid Afrika maar net weer terug in die steen tydperk..mooi ware gedig maar waarlik hartseer.Skat ons gaan nog baie daarvan sien binnekort. Ai onse volkie sterkte daar in donker Afrika..dink en bid vir jul..

Christo ·

Dit is nou die tyd om kreatief en innoverend te wees. As ek kyk na Irak en hoe onveilig dit is om nou amper enige plek in Europa of die VSA te wees, is ek dankbaar en bly ek is in Suid-Afrika. Die vroue wou kaalvoet oor die Drakensberge trek, ons kan almal letterlik en figuurlik, die hele Suid-Afrika ophef as ons die situasie ontleed, dit oordink, verskillende opsies oorweeg en dan aksie neem. Ek weier om deel van die doemprofete te wees. Daar is nog steeds baie baie geleenthede in Suid-Afrika vir almal.

Jean ·

Ek sal hoop jy bly positief Christo bly asb baie positief want dit is nodig. Opsies sal gewis oorweeg moet word en kreatief en innoverend soos jy se en sommer spoedig optredend sal jul baie vining moet wees vir die Afrikaner belang want niemand anders hier buite behalwe die ander Afrikaners gee n dooie duit om vir elke boer wat vermoor word nie of die to tale verval van so eens n mooie en voortvarende land nie ..een drag maak mag is gese, net jammer elke blanke daar wil net sy eie weg volg en wil of kan net nie meer saamstaan nie .Demokrasie verval alreeds, dis getoets en die kamstigge leiers van die land die anc sien hul kan weg kom met moord.Net so is dit getoets in Zim en waar is hul vandag..? Nie so seer n doemprofeet nie maar my oe is oop en ek is baie bekommerd vir my nasie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.