Pieter Smit (Geb. 1946)
jy praat van trek na griekeland
maar my oë
sien reeds hoe eensaam
staan die suikerbos
teen die berg se suidekant
o hierdie land sal ons swaar verlaat
elke oggend
strek net ʼn dagreis voor ons uit
al droog die dae
net perskes by bethulie
weg van mense in die son
hierdie land gaan ons swaar verlaat
hierdie land wat konsertina speel
met eensaamheid
hierdie land wat wals met hartseer
as jou voete nie vat aan sy grond nie
hierdie land sal ons swaar verlaat
ja selfs die son keer terug
en hierdie grond weet reeds
hoe klop die tuisblykierie op sy rug
Briljant en ware woorde, al laat dit ‘n knop in my keel en ‘n traan in my oog. Dankie.
ons kosbaarste duurste vernietste geskenk Die Son van Suid Afrika mag dit vir ons bly skyn
Ja… Griekeland se son is nog nie ONS son nie… sal nie die land ooit kan verlaat!
Dis pragtig geskryf, Mooi beelde gebruik, die suikerbos so eie aan ons dierbaar land. Ek hou van die woord tuisblykierie… ek wil in hierdie land oud word ja, as dit my gegun word. Dankie vir die deel van ‘n pragvers.