Gedig: Sendelingargitek

Argieffoto (Foto: Jörg Peter/Pixabay)

Antjie Krog (Geb. 1952)

bedags loop ons uit in die son
– jy met jou altviool-oë en alp-gladde hare
ek met my aksent
dan loop ons uit tussen vreemde lepels
en geponiede komberse
oor berge wat kneukels trek
onder misrook en kraaie
in wit kano’s dryf ons oor die onkunde
oor dae wat gedoilie lê met vrede
met bashemane agter die bokke
met troppe nguni-beeste
bruin duwweltjies teen die hellings
met skeermes-landjies teen Thaba-Tseka
teen Thaba-Putsoa
en Butha Buthe
maar snags: snags
keer ons terug na die wit pastorie op Morija
snags braai ons kreef in franse wyn
snags lê ons tussen handgeweefde tapisserie
tussen le corbusier en frank lloyd wright
verdwaal in mekaar se arms
verlore in mekaar se oë
besig om te klim
na die hoogste
spits
van beskawing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.