Gedig: Skulpkennis

Argieffoto (Foto: monicore, Pixabay)

Argieffoto (Foto: monicore, Pixabay)

Ernst van Heerden (1916 – 1997)

Ek tel ʼn skulp op in die sand
wat in my oor sy boodskap sis:
die aarde en sy skepsels het verdwyn –
ál wat bestaan, is see en vis.

Die ondergolfse ryke suis
oor seelui wat óm wrakke wroet,
as bleek skelette soek hul voort
na hartklop in die eb en vloed.

Mar as ek deur die onderwaterlig
my van sy vlegsels kan ontgord,
sal ek met slierte sandkruid dans,
klein grondeling van die walvis word.

Want teen die skulp se rondings ruis
ʼn vreemde taal se vreemde spreuk –
uit wrak en water hierdie oerbegrip:
die eie hart wat teen my ore beuk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Eliza-beth ·

Hoe rol en buitel my taal deur jou woorde in my mond Ernst! Soooo mooi!

Skim ·

‘n Skulp praat n taal wat ons nie verstaan nie, maar tog sal elkeen van ons een optel, teen ons oor druk en ingedagte daarna luister asof ons verstaan. Dalk net dalk, is een ding wat ons almal in gemeen het

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.