Gedig: Sms uit die hemel

Argieffoto (Foto: Ekaterina Shakharova/Unsplash)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“Sms uit die hemel” deur Jonine von Wielligh    

Ouma, ek wonder of jy harp speel in die hemel
soos op engele se job description staan?
Gesels jy soms met Moses
en dra Adam nog ʼn blaar?
Bly jy en Oupa na al die jare
weer in ʼn huis sonder sleutels saam?
Stap jy saam met lammers tussen leeus
en het Oumie al vir Elvis daar gewaar?

Ouma, stuur vir my ʼn boodskap uit die hemel
dat dit  goed gaan met jou daar,
en help my verstaan dat engel Gabriël op tyd
ons almal na die ewigheid weg moet  haal.

Ouma, hier op aarde
waar ons in tydelike tentwonings skuil
lê die wind opgekrul
in die buidel van die natuur
en skeur dagbreek nou skemer-stilte in twee.

Ek drink op nog ʼn nuwe dag
my tweede koppie tee
en ek wonder of  Ouma vir my
ʼn sms uit die hemel sal stuur?

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.