Koos du Plessis (1945 -1984) en Jannie du Toit (Geb. 1951)
Welkom o stille nag van vrede,
Onder die suiderkruis,
Wyl stemme uit die ou verlede
Oor sterrevelde ruis.
Kersfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
In hierdie land, o Heer.
Hoor jy hoe sag die klokke beier
In eeue-oue taal
Kyk, selfs die nagtelike swye
Vertel die ou verhaal
Kersfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
In hierdie land, o Heer.
Voel jy ook nou sy warm liefde
As ons die dag gedenk
Toe Hy sy Seun vir ons gegee het –
Ons grootste kersgeskenk
Christus kom, Christus kom
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
In hierdie land, o Heer
Ons het hierdie lied in ons kerk vir Kersdag gesing in die Afrikaanse Christelike kerk in Aucland NZ. Dit bring heimwee, wens die woorde vir julle in SA ook n helder Somerkersfees O Heer.