Gedig: Sproeireën

Foto: Pixabay

DJ Opperman (1914 – 1985)

My nooi is in ʼn nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand… iemand in anys,
daar’s ʼn vrou in elke geur!

As ek ʼn stukkie nartjieskil
tussen my vingers buig of knak,
breek uit die klein sproeireën
wat geurend om my hand uitsak,
die boorde weer van Swartfoloos
en met die nartjies om my heen
weet ek hoe dit ʼn vrou kan troos.

O my nooi is in ʼn nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand… iemand in anys,
daar’s ʼn vrou in elke geur!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

E.K. ·

As ek dit reg het ‘n vallei vernoem na die Swartfoloos rivier – nie seker of die benoeming nog gebruik word nie. Die Oppermans het ‘n plaas in daardie area gehad

Tina Buys ·

Pragtig, soos altyd, dankie Maroela Media. Goed om te sien dat hierdie aanbiedinge geen nydige onsmaaklike kommentare lok nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.