D.J. Opperman (1917-1985)
My nooi is in ‘n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand… iemand in anys,
daar’s ‘n vrou in elke geur!
As ek ‘n stukkie nartjieskil
tussen my vingers buig of knak,
breek uit die klein sproeireën
wat geurend om my hand uitsak,
die boorde weer van Swartfoloos
en met die nartjies om my heen
weet ek hoe dat ‘n vrou kan troos.
O my nooi is in ‘n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand… iemand in anys,
daar’s ‘n vrou in elke geur!
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Baie dankie:)
Opperman was ‘n Meester, saam met Elizabeth Eybers, I. D. Du Plessis en natuurlik N. P. van Wyk Louw.
Ons soek meer hiervan asb!