Gedig: Sproeireën

Foto: Vika04, Pixabay

Foto: Vika04, Pixabay

DJ Opperman (1914 – 1985)

My nooi is in ʼn nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand… iemand in anys,
daar’s ʼn vrou in elke geur!

As ek ʼn stukkie nartjieskil
tussen my vingers buig of knak,
breek uit die klein sproeireën
wat geurend om my hand uitsak,
die boorde weer van Swartfoloos
en met die nartjies om my heen
weet ek hoe dit ʼn vrou kan troos.

O my nooi is in ʼn nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand… iemand in anys,
daar’s ʼn vrou in elke geur!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Bly vir my die “geurigste” gedig in Afrikaans – ek ruik al daai lekkerkry reuke uit my kinderdae. My een ouma was in laventel en die ander in rose, my ma weer in pietersielie, maar ek kan dit mos nog nooit so lekker bymekaargooi soos DJ nie! Dankie Maroela!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.