Gedig: Stil aand

Argieffoto

Argieffoto

WEG Louw (1913 – 1980)

Vanaand het ek weer so verlang,
in grondelose vrees
van eie gryse eensaamheid,
dat jy by my moet wees,

dat ek die wye koeltes van
jou stem om my kan voel,
soos die rimp’ling van die somerreën
vervlugtig oor my spoel.

En toe ek deur die duister wind
wat oor my huisie waai,
die knip hoor lig, het heel my hart
in vreugde opgelaai…

Nou sit ons voor die vuur en speel
die vlamlig deur ons hare…
Laag waai die reënwind buite deur
die afgevalle blare.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eliza-beth ·

Dankie Maroela vir die plasing van die mooie gedig, en ja… paar lekker dinge van die winter is kaggelvure, dik tuisgemaakte sop, biltong en ‘n glasie van die Kaap se beste!

Antoinette Franken ·

Dis heerlik om nou gedigte saam met my te dra! Ek het dit nounet ontdek. Dankie.
My taal dra ek altyd saam. Hier in Brisbane Australia, is daar meer as 30,000
Suid Afrikaners. Moenie vergeet van ons!

Eliza-beth ·

Antoinette – moet julle ook nie vergeet van ons en veral ons mooie taal! Versprei die gedigte en ander mooi dinge van ons taal!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.