deur Charles Skeen
taalmuis kom kuier
sonder om sikkeneurig te wees
gaan ek heerlik deur ons taal sweef
duikel ek op en af, dwarrelende
gedagtes sif soos jakkalsdou
om my neer – dit skoppelmaai
in die versengende hitte
van my gedagtes wat
kook om diep te kan
dink en klakkeloos
my taal te dien
want ek kan
maar net
nie lief
word
vir
die wat
my taal verguis
en nie ‘n sikkepit
omgee daarvoor nie