Gedig: Te klip om te boom

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

DJ Opperman (1914 – 1985)

Klip kan net klip,
sy teel is onderverdeel
tot stomme klippertjies
duinend rondmeel.

Boom kan net boom,
word langer en ook swanger
tot singende boompies voël óm die voorsanger.

Maar voorwaar:
vóór boom kan boom
moet klip eers klip,
en klip teel swaar
– glo miljoene jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Japie Botha ·

Oulik. Voorwaar dankbaar dat digters se kuns gepen is.

Eliza-beth ·

Dankie Maroela! So lekker om altyd na al die “doom” en “gloom” iets moois te kan lees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.