Gedig: Teen die helling

Argieffoto Foto: AdinaVoicu, Pixabay

Argieffoto Foto: AdinaVoicu, Pixabay

WEG Louw (1913 – 1980)

Ons het laggend in die gras gelê
teen die helling oor die somersee;
ons was gelukkig, want ons wis
wat die lewe ons nog sou gee.

Alles was in ons verenig
in één suiwer vlam van verlange –
die sterk aarde onder ons hande,
die teer-koele wind op ons wange,

die steil swenking van seevoëls
sneeuïg soos bloeisels teen die blou…
God en mens vir één oomblik
trillend bestendig in my en jou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Theuns ·

Pragtig, absoluut pragtig. Die gedig neem my terug na my jong dae in Suid Afrika, drome in my kop, so laggend verlief op die swartkop nooi! Pragtige teer paaie vanaf Kaapstad tot Messina reis ons terwyl die geel perske reen uitsak op die land! Maar die drome het met die ouderdom verflou, die reen het opgehou en die land word nou oormatig bewoon deur vreemde mense wat nie lag nie maar woede skree, klippe gooi en rommel strooi.Here wees ons genadig!

Manna ·

Theuns jou skrywe is pragtig sal graag meer van jou wil hoor

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.