Gedig: Tekening

Argieffoto (Foto: weinstock, Pixabay)

Ingrid Jonker (1933 – 1965)

Vir Jack

Jou wat ek met ʼn potlood teken
soos ʼn mens se geheim
ʼn brief ʼn telefoonnommer
Jou wat ek met ʼn potlood teken
soos ʼn kind ʼn naak mannetjie
onder sy lessenaar op skool
Jou wat ek met ʼn potlood teken
ʼn woord ʼn naam ʼn stemval
het ek deurreis soos bloed
familiekringe wetgewinge slagvelde
soos die verlatenheid die oë
van die wêreld
Jou wat ek met ʼn potlood teken
enkele lyne bewend onseker
geheim anderkant die geheim van are
geheim anderkant die liefde

 

Uit: Ingrid Jonker, Versamelde Werke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.