Gedig: Toemaar die donker man

Argieffoto (Foto: Free-Photos, Pixabay)

Ingrid Jonker (1933 – 1965)

Vir Simone

Op die groen voetpad
van die horison ver
om die aarde skat,
stap ʼn ou man wat
ʼn oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
en ʼn rug gebuk aan sy jare…

Wat maak hy, mammie?

Hy roep die kriekies
Hy roep die swart
stilte wat sing
soos die biesies, my hart
en die sterre wat klop
tok-tok liefling,
soos die klein toktokkies
in hul fyn-ver kring.

Wat is sy naam, mammie?

Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet
uit die land van Vaak
Sy naam is toe maar
hy heet, my lam
Toemaar, die donker man

Mammie…

Toemaar, die donker man

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Manie Jackson ·

Dis so mooi gedig, en Laurika Rauch sing die verwerking met besondere talent.

Tameryn ·

Ek kan nie die gedig lees sonder dat Laurika hom in my gedagtes sing nie. Dit is ‘n lied wat baie oor die radio gespeel was toe ek klein was.

Lizl ·

Ek gaan haal sommer my Laurika cd uit en speel dit ! Pragtige gedig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.