Ingrid Jonker (1933 – 1965)
Vir Simone
Op die groen voetpad
van die horison ver
om die aarde skat,
stap ʼn ou man wat
ʼn oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
en ʼn rug gebuk aan sy jare…
Wat maak hy, mammie?
Hy roep die kriekies
Hy roep die swart
stilte wat sing
soos die biesies, my hart
en die sterre wat klop
tok-tok liefling,
soos die klein toktokkies
in hul fyn-ver kring.
Wat is sy naam, mammie?
Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet
uit die land van Vaak
Sy naam is toe maar
hy heet, my lam
Toemaar, die donker man
Mammie…
Toemaar, die donker man
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Dis so mooi gedig, en Laurika Rauch sing die verwerking met besondere talent.
Ek gaan haal sommer my Laurika cd uit en speel dit ! Pragtige gedig