Gedig: Toewens

Argieffoto (Foto: TimHill, Pixabay)

Johannes Prins (Geb. 1969)

mag jy wakker word in die oggend
en al die nuwe dag se klanke eerste
hoor, mag jou hare gegroei het in
die nag, mag jou lewer herstel het,
mag jy die skeuring tussen nag
en dag oorleef

mag jou tee vir jou gemaak word,
mag jy meer as twee snye roosterbrood
inkry, mag jou bad ingetap word, jou
neus geblaas en jou blaas leeggemaak
word, mag jy opstaan – daardie eerste
groot tree neem

mag jy hierdie bed en donker kamer
agterlaat, verby die rottangkis aan
die voetenent, in die gang af, mag jy
die mense in die huis herken, mag jy
tot in die voorhuis vorder, mag jou
borste vol wees en jou skouerbene
nie deur jou kamerjas steek nie

mag jy vandag gewig optel, mag jou
stoelgang styf wees, mag die geelflou
van jou vel bruin word, mag jou
selfverwyt en pyn verdwyn

mag dit:

Uit: Groot Verseboek Deel 3 deur André P Brink
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R325-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eish ·

Sjoe, die digter het ver en diep gaan ervaar om die gedig te verwoord! Pragtig!

E.K. die eerste ·

Dit klink of die persoon oor wie die gedig gaan iets soos Alzheimers (“..mag jy die mense in die huis herken…”) of soortgelyk het. Bietjie donker, maar tog goed. Dis hoe dit is met sulke siektes en familie voel soms wanhopig en wens (soos die digter) dat dinge kan terugkeer na hoe dit voorheen was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.