Gedig: Twee swaeltjies

Swaeltjies in die Overberg in die Wes-Kaap Foto:  © Robert Harding/plainpicture

Swaeltjies in die Overberg in die Wes-Kaap Foto: © Robert Harding/plainpicture

Wessel Pretorius (Geb. 1949)

twee swaeltjies het kom plak
op ons voorstoep
die kleinessie was halfklaar
toe die twee swaeltjies
een sondag vertrek
om nooit weer terug te keer nie

ons dag eers swaeltjies bou nie
op sondag nie maar gou dring dit deur:
twee swaeltjies het kom plak

terwyl ons sit en wag op ons voorstoep
toyi toyi lawaaierige vinke nou
oor duiwe wat in die voëlbak bad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.