Wessel Pretorius (Geb. 1949)
twee swaeltjies het kom plak
op ons voorstoep
die kleinessie was halfklaar
toe die twee swaeltjies
een sondag vertrek
om nooit weer terug te keer nie
ons dag eers swaeltjies bou nie
op sondag nie maar gou dring dit deur:
twee swaeltjies het kom plak
terwyl ons sit en wag op ons voorstoep
toyi toyi lawaaierige vinke nou
oor duiwe wat in die voëlbak bad