Casper Schmidt (1947 – 1994)
3. Rondeel, by Rondebosch
Alles wat buite my ooglede
gebeur, gebeur
ook in hulle blitsende omheining:
wanneer die storms bedaar, gluur
ek vorentoe en almeersigtig verder.
Ek voltooi buitelyne, vul die seë,
verdrink myself in broederskap:
alles deugsaam, “alles”, inderdaad
“op een ding ná, ewe wonderbaarlik”.
Om die geheime omheining van heuwels
te word, geluksalig soos ʼn lui slang
– ootmoedig selfs langs John Donne –,
om vlaktes in en berge oor te wals.