Gedig: Uit Maart, April

Argieffoto (Foto: Stocksnap, Pixabay)

Petra Müller (Geb. 1935)

reënroeplied

sy hang haar vlae wyd
oor rante oop … draai nog dae
sleep nog ver

o suster van die yl karos
ek roep u uit die vaalte los

met miere, haas en wildegans
begin ek stadig, hortend dans

ʼn kleinwild wat die tekens lees
om spoortjie van u spoor te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.