Gedig: Vanoggend

Argieffoto. (Foto: Kevin Benkenstein/Unsplash)

Vickus Prinsloo

Toe die son vanoggend oor Afrika sy rooi kop wys
en ek soos die wind op my fiets oor sy rooi grond ry
Het ek aan jou gedink.
Ek het gewonder of die silwer strome
soos jou lyf kan vloei
of tevergeefs net probeer.
Of jou sagte hare soos die bome se blare sal waai
as ek vinnig genoeg verby jou ry.
Ek het gewonder of ek so sal sweet, tevrede sal wees
as ek my kop op jou bors neer lê.

Uit: Bloeisels

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.