Gedig: Verblind

lig-sonskyn-herfs-blare

Argieffoto (Foto: Kaique Rocha/Pexels)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek. Om dié biblioteek van meer as 22 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“Verblind” deur Salvia Ockhuis

Toe hy weg is
het die bome
hier bont-rok gestaan
in geel, oranje, roes-rooi …

Jare daarna
maak die pyn
van sy wegwees
haar steeds oral
blind vir herfs se mooi.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.