Gedig: Vincent van Gogh

Vincent van Gogh se “Sterrenag” (Foto: rawpixel/Pixabay)

DJ Opperman (1914 – 1985)

Jy het as ‘n miskende
heilige vergeefs geveg teen die ellende
en die onreg in die krotte van die myn,
in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
en skriklike stryd van God
leer ken, wat mens en boom verknot
in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
in aanbidding van die son kon verwe,
boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
die kantelende landskap in die snelle ligte
geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek
tot branding van die skone kon verwek,
toe is Sy hartstog eers in jou volbring
soos groen sipresse tot ʼn vlam verwring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Charles ·

D.J. Opperman op sy beste, vreeslik dankie!

Wanneer o wanneer bring die uitgewers ‘n nuwe uitgawe van sy versamelde verse uit??

H&R, Tafelberg, NB uitgewers, of wie die regte ookal aan behoort; behalwe vir die meriete en verdienstelikheid van so ‘n uitgawe; SAL JULLE honderde duisende Rande maak! So…toe, toe, opskud, maak gou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.