Gedig: Vincent van Gogh

Die Sterrenag deur Vincent van Gogh (Foto: wikiart.org)

Die Sterrenag deur Vincent van Gogh (Foto: wikiart.org)

DJ Opperman (1914 – 1985)

Jy het as ‘n miskende
heilige vergeefs geveg teen die ellende
en die onreg in die krotte van die myn,
in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
en skriklike stryd van God
leer ken, wat mens en boom verknot
in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
in aanbidding van die son kon verwe,
boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
die kantelende landskap in die snelle ligte
geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek
tot branding van die skone kon verwek,
toe is Sy hartstog eers in jou volbring
soos groen sipresse tot ʼn vlam verwring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adriana Stuijt ·

“Post” impressionistiese kunstenaar? Vincent van Gogh was een van die voorste kunstenaars wat saam met die ‘impressioniste’ gewerk het in Parys. Moenie nou so fensie raak dat die feite verkeerd is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.