Gedig: Voorsorg

Argieffoto (foto: Free-Photos/Pixabay)

Elisabeth Eybers (1915 – 2007)

Om ongehinderd onder eie dak
te skuil kan jy ʼn voorraamleuse plak

soos: ons verkoop of koop nie aan die deur,
het niks om op te knap, is reeds bekeer.

Op die manier ontmoedig jy messlypers,
skemerige kollektante en kansgrypers,

Jehovasbodes en tapytverkopers,
houtkeweruitroeiers en wederdopers.

Jy sku – naywerig? – die hele skaar
wat so hul loon van huis tot huis vergaar

en sonder waarskuwing geen oomblik deins
om jou trap-af te pluk uit jou gepeins.

Maar eendag sal jy opgetrommel word
want fantasie en voorsorg skiet te kort:

waar vind jy nog ʼn slagsin om jou bel
te vrywaar teen die engel Asrael?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Essa ·

Nou toe nou; bedelaars, straatsmouse, bemarkers, traktaaitjie predikers en wat ook al is nie ‘n nuwe probleem nie. Oulike gedig ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.