Gedig: Voortvaar

Petra Müller (1935-)

elke dam het sy reier,
’n witte, so wit soos jou hemp
in die skemer – nee, nie so wit nie,
jou hemp was witter, hoewel dit nou nog nie skemer
is nie, soos dit destyds was

en nog steeds is jou hemp die witste
want dit sal weer skemer word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

evsbest ·

Sal graag n ontleding wil he van die gedig. Iemand dalk iets wys?

Nikkerbôl ·

Dit is ‘n persoonlike versugting en hunkering na die ongeëwenaarde geliefde, die geloof dat dit wat was, weer sal wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.