Valda Jansen (Geb. 1965)
ek wou
dat jy ʼn gewone gedig
moet wees:
net so netjies
soos ʼn sonnet
ek wou
jou vorm
soos ek jou wou.
ek weet nou:
jy sou dit nie wou nie.
want jy het losgebreek
tot meer
as veertien reëls
en somtyds
rym jy glad nie.
nou
ken ek jou
nou nog nie.
Hoe lekker speel jy met woorde! Mooi, dankie!