Joan Hambidge (Geb. 1956)
Dit is nie die liggaam nie, nee –
want liefde is meer as lyf.
Dit is nie die oë nie, nee –
want liefde is meer as sien.
Dit is nie die hande nie, nee –
want liefde is meer as voel.
Nog minder die herinneringe –
dit is alles pynlik, verlore.
Met jou voel ek ʼn naelstring,
ʼn ondeurdringbare vlegsel,
vasgeknoop, vasgeheg, vasgebind.
Tot die dood ons saambring.
Joan, nou het ek hoendervel! Baie, baie mooi! Dankie weereerns, Maroela!
‘n Nuwe uitvinding vir ‘n stokou leser. Ouma-groot word slim! dankie !