Leon Strydom (1944 – 2021)
jare lank was sy geteem
‘n stem in die woestyn
maar toe skielik sluk hy wind
oor die werfdans en krulle van ‘n kind
en vurig en fier soos oor ‘n kleintandooi
die kop geolie en die stert bloedrooi
staan ons ou slyttand met ‘n nuwe rug
oor die jongste boorgat opgerig
die dun bene bewe
die binnegoed kry lewe
dit slurp en dit skrok
dis bokjol dis amok
en toe met pype wat roggel
en koggel
met geknars en gekraak in lit
en gebit
toe raak die gulpwater ryp
in die weggooipyp
roesrooi en vol wind
klopdisselkind klopdisselkind
ons windpomp pomp weer water
en hoe later hoe kwater
ons windpomp pomp weer water
en wie wie’t gesê hy’s bokkapater
n’ Pragtige huldeblyk aan die Karoo roos wat soos die lig toring by die kus menige verdwaalde se baken van hoop word.