Gedig: Windpomp

spook-windpompLeon Strydom (Geb. 1944)

jare lank was sy geteem
‘n stem in die woestyn
maar toe skielik sluk hy wind
oor die werfdans en krulle van ‘n kind

en vurig en fier soos oor ‘n kleintandooi
die kop geolie en die stert bloedrooi
staan ons ou slyttand met ‘n nuwe rug
oor die jongste boorgat opgerig

die dun bene bewe
die binnegoed kry lewe
dit slurp en dit skrok
dis bokjol dis amok

en toe met pype wat roggel
en koggel
met geknars en gekraak in lit
en gebit

toe raak die gulpwater ryp
in die weggooipyp
roesrooi en vol wind
klopdisselkind klopdisselkind

ons windpomp pomp weer water
en hoe later hoe kwater
ons windpomp pomp weer water
en wie wie’t gesê hy’s bokkapater

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Elizabeth ·

Hoe lekkerrrr rol die woorde op my tong as ek dit lees: roggel en koggel en knars en kraak… Ai dit maak my bly om gedigte op Maroela te kan lees! Lekkerste lekker en ek hoop ander geniet dit net soveel as ek!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.