Gedig: Winter

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Jeanne Goosen (1938 – 2020)

elke dag bring die buurvrou groete
haar rok ruik in my gange
dit is nie familie nie, veel gevaarliker
sy is ʼn voël wat verslons rondvlieg
krankheid begin: ek is ʼn mistroostige orrelspeler
altyd, altyd romantiese liszt
priester in julie, arpeggio deur die donkerbos
ʼn nuwe toonaard is nie ʼn padkaart nie
uiteensetting van hier af: (molto molto allegro?)
die kadens is onvolmaak… en ek moet dit alles sluk
hoeveel senubondels om te ontknoop
waar het ek die motief verloor
dit is maklik om die bure te blameer

hierdie tong is die hart se pootjie
ʼn dik jas bied geen beskerming teen die skerpsinnige
ek groei onderstebo, ek raas soos ʼn droë bos
o, kloekende moeder van die kospotte
hoe liefderyk u bredies
in alle eerlikheid –
wie is ek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.