Gedig: Winternag

Argieffoto Foto: martaposemuckel, Pixabay

Argieffoto Foto: martaposemuckel, Pixabay

Eugène N Marais (1871 – 1936)

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ʼn meisie
in haar liefde verlaat
In elk’ grashalm se vou
blink ʼn druppel dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elfie ·

Het in die Riemland begin skoolgaan en daar word winters KOUD! Het altyd aan die gedig gedink as ons saans in die koue huis toe gaan na ‘n kuier by plaasvriende. Brrr… maar Eugene het geweet hoe om dit in woorde vas te vang!

anne ·

Beslis een van die mooiste gedigte wat ooit geskryf is, deur een van die beste digters.

Eliza-beth ·

Anne, stem saam en hy het so tragies gesterf. Sy lewensverhaal gryp my steeds aan. Baie, baie mooi gedig wat tydloos is!

Eliza-beth ·

Anne, stem saam en hy het so tragies gesterf. Sy lewensverhaal gryp my steeds aan. Baie, baie mooi gedig wat tydloos is!

HEVW ·

Wat is kosbaarder as goud. Die Afrikaanse taal. Ja hierdie man kon so dig dat die woorde sing. Die mooiste van alles is sy diepe kennis van die natuur. Nie net kennis nie dit was deel van sy hart.

Ansie Geldenhuys ·

Ek kan my nie indink dat ons sonder hierdie hoe gehalte gedigte, moet klaarkom nie. Dankie Afrikaans.

Johann Badenhorst ·

Daar is niks so mooi soos die taal van jou hart nie! Jou moedertaal spreek tot jou binneste.

Ansie Geldenhuys ·

Hierdie drink ek in. En dan was daar nog Rageltjie De Beer. Pragtig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.