Gedig: Woorde

(Foto: Magnus Lindvall/Unsplash)

Elisabeth Eybers (1915 – 2007)

Op vyftien maande kon ek praat,
so het my ouers vertel,
langs sinne selfs. Vir woorde laat
ek alles op die spel.

Woorde – ʼn goedkoop grabbelsak
of diamantbedryf,
Alladinslamp om met gemak
ontbering weg te vryf.

Woorde verbeur hul oggendblos
ook in my moedertaal,
laat staan die star sintaksisbos
waar ek nog voel-voel dwaal.

En op my klungeltong verkleur
woordtinte in gesprek,
alleen alléén kan ek hulle weer
met potloodhale wek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.