Gedig: Woorde

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

E. de Jager

Woorde van Krog, Jonker en Small
Woorde van die weelderige Keiser, die Wonderwewer en die
wysneusige Nar,
Woorde in weemoedige opstelle, wanklinkende briewe en
wankelende poësie
Woorde van wysheid voor ʼn klas vol weetgierige wesens
Woorde van waarheid vir jong kinders wat wag op die lewe
Woorde van welvoeglike taal in belangrike dokumente
Woorde, wonderlike woorde,
waarmee ek daagliks weemoed wegwens

Woorde is ook my siel

Woorde wat word die weeklaag van my wese
Woorde wat die wag op weergeboorte weergee
Woorde wat woeker met waarom, wanneer, wie
Woorde wat wonder oor die wenslikheid van alles

Woorde is die wyse waarop ek my weerloosheid kan wys
Woorde is my wapen teen wanopvattings en verdraaide waarhede

Woorde woorde woorde
Woorde het waarde

Die Woord leer my die regte woorde

Uit:
Een van die vier, ‘n bundel gedigte en kortverhale. Dié boek kos R190 en is slegs beskikbaar per bestelling. Stuur ʼn e-pos na Eleonor van den Heever by [email protected] of na Yolandi du Plessis by [email protected] om die bundel aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.