Gedig: Woordeskat

(Foto: Paul Gilmore/Unsplash)

Elisabeth Eybers (1915 – 2007)   

ʼn Ongehoorde woord uit my lektuur
word dan deur jou verduidelik in die uur
van mymerende praat
nadat ons – soet pedagogie – mekaar
nuwe aanwysings van geluk kon leer

lugtig, terloops, of jy toevallig weet
en nie my armoede met jou weelde meet.

Op so ʼn keer
het ek: wat is posodinie? gevra.
Toe het jou stem tot koestering gesink:
vermoë om verdriet te verdra,
om pyn te aanvaar,
nie te ontwyk.

ʼn Oomblik het ek aan verdriet en pyn gedink:
bestaan die dinge nog?

vergetend een van twee moet tog
eendag die vak van degensluk
sonder in gloedblou staal te stik
bewend van krag betrag:
so lyk posodinie…

Eers teorie,
dan bloeiende praktyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.