Gedig: Woordkordaatjies

Argieffoto (Foto: Monfocus/Pixabay)

Rika Cilliers (1951 – 1999)

terwyl ek ʼn oomblik
swymel in verse
van die sagte lewe

kry jy reeds vrypas
deur die taal-, styl- en klankleer
(wie weet watter ongekaarte ander krinkels?):

bospaadjies loop opnuut uit
in loofryke essensies:
basies sonvol
sinvol soos:

en toe en toe en
toe raap ek rakelings
klinkervalle op
van my ratse
meerkaartmannetjie:

jy is net mamma
al die res is kamma
maar dis alles waar
in fesieland

ʼn fesie het reënboogvlerke
partymaal is daar slegter
ander kere goeie fesies
hulle kuier by die sagte windjies
en leen die vlerke van die vlinders

die sagte windjie
bly by die berg
berge het baie name
swartberg witberg blouberg rooiberg
na die rooiberg wil ek gaan, pa

ma is net mamma
jy roei die skuitjie
pappa blaas die fluitjie
ʼn boetie het ek nie
ook nie ʼn orrel nie
maar dis alles waar
in fesieland

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.