Gedigte: Jan Spies

Jan Spies (Skermskoot uit 'n video van die SAUK)

Jan Spies (Skermskoot uit ‘n video van die SAUK)

Jan Spies (1936 – 1996)

die man wat tussen die Welwitschias
rondloop in die versteende woud
en stukkies spaanders uit ʼn vroeë tyd
uitdra in sy jas se sak
hy plant, dié man, kliphout in ʼn nuwe leem
en asof tussen antrasiet sy peerboom, blom die steen

*

ek wou ʼn voël met vere hê
soos koekepik of iets wat pê
en katnael in sy fletter slaan
maar ‘k vang ʼn ding wat eina sê
wat diep-diep tussen vere lê

*

waar daar gekloek word
en gebroei word
ag Here seën my met ʼn kwaadmaakwoord
met ʼn broeiselbrekeropbreekklip

*

ek is ʼn klipchristen Here
en as U eendag reg-reg loop vastrap
met die mate waarmee daar gemeet is
moenie klip sóék nie Here
vat sommer
en moenie dink nie
hier is ek
en gôi

*

douwerstoof en sinkbad toe
na die beesmispleisterrousteenhuis
se douwerstoof en sinkpad toe

voeteskottel vorie stoof
en orie sere darem roof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eliza-beth ·

Mis oom Jan se humor van Spies en Plesie se dae… en kyk hoe goël hy met woorde!Ek dink hy verskaf groot gelag daar waar hy nou is….

Riaan Theart ·

Kan enige iemand die klein boekie onthou van oom Jan Spies wat sy eie biltong en wors resepte in sagteband gedruk het. Ek sal graag weer so ‘n boekie wil besit. Ek onthou nog spesefiek hoe hy op TV onder die ou plaasbed inloer het waar die droëwors gehang het, toe die sagteband boekie bekend gestel is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.