Gedigtefees in McGregor

Antjie Krog Foto: NB Uitgewers

Antjie Krog Foto: NB Uitgewers

Die dorpie McGregor naby Robertson in die Wes-Kaap, maak vanjaar gereed vir die derde McGregor Gedigtefees, van 27 tot 30 Augustus.

Dit is weer eens ʼn goeie en vol program met ʼn wye verskeidenheid om van te kies. Een van die hoogtepunte by die fees is die lesing deur prof Louise Viljoen, Saterdagoggend in die NG Kerk.

Ander name sluit onder andere in Ian McCallum, Antjie Krog, John Maytham, Adam Small, Lara Kirsten, Patricia Schönstein, Petra Müller, Gert Vlok Nel om net ‘n paar te noem.

Billy Kennedy, stigter van die McGregor Gedigtefees, sê hy voel geëerd om van ons land se groot digters op vanjaar se program te hê. “Ons is ook opgewonde oor jong opkomende, talentvolle digters wat hul werk gaan voorlees,” het Kennedy gesê. “Wees op die uitkyk vir name wat onder andere insluit Ansa Smit, Sisca Julies, Khadija Tracey Heger and Genna Gardini. Ons tema is ‘Growing Poetry’ omdat ons daarna streef om ʼn platform daar te stel vir belowende talent.”

Volgens hom begin die nuwe mentorskapprogram ‘n opwindende nuwe projek, “Growing Poets”, waarmee hulle hoop om jong talentvolle skrywers, wat nie altyd die geleentheid het nie, te identifiseer en aan hulle leiding, onderrig en ondersteuning te bied. “Ons bied ook ʼn oopgedigte-kompetisie aan om elkeen die geleentheid te gee om betrokke te wees.”

Die lokale is weer die unieke Wahnfried-konsertsaal, die asemrowende tuine by Temenos, Edna Fourie-kunsgalery en ook die pragtige NG Kerk. Vanjaar is daar ook ʼn paar nuwe en interessante venues – die D’Amfiteater en die historiese ou munisipale kantore wat vir die duur van die fees ‘herdoop’ is, De Akker. Dit is hier waar die Randprogramme aangebied word. “Ons venues is almal binne loopafstand van mekaar, snoesig toegerus met gemaklike sitplekke en warm kaggelvure. ʼn Warm hartlike geleentheid vir die liefhebbers van poësie,” het Kennedy gesê.

Gert Vlok Nel

Gert Vlok Nel

ʼn Passie vir poësie 

Kennedy se passie vir poësie was die inspirasie om in 2013 ʼn fees aan te bied. Hy onthou hoe hy as jong kind op sy ouma se skoot getel is en sy haar gunstelinggedigte voorgelees het. Dit het sy droom geword om nie net erkenning aan digters te gee vir die grootse verrykende diverse wyse waarop hulle lewens verryk het nie, maar ook om die kuns te bevorder. “Soveel mense staan afsydig teenoor poësie,” verduidelik hy. “Dit het soms te doen met hoe dit aan ons bekendgestel en geleer is. Ek weet nie, miskien moes ons ʼn moeilike vraag beantwoord oor ʼn gedig wat ons nie ten volle verstaan nie of iemand, byvoorbeeld ʼn onderwyser wat voorkeur gee aan ʼn gedig en dan uit te vind ons het dit nie verstaan nie of dit geniet. Ervarings soos hierdie kan ʼn mens onseker laat teenoor poësie.

“Deur die eeue tot vandag is poësie nog steeds ʼn manier waarop mense taal gebruik om liefde, haat, oorlog, geloof, onderdrukking, vreugde, hartseer, seks en die dood beter te verstaan. Dit kan ons inspireer om voluit te lewe. Die potensiaal is groot. Werklik groot.”

Hy meen kulture wat nie erkenning gee aan hul digters nie, verloor hulle wese en raak stom. “In die samelewing hou bevooroordeling en onverdraagsaamheid die psige gevange. Poësie bied vryheid en inspireer jou gedagtes en gee jou verbeelding vrye teuels. Poësie bied ʼn taal en uitlaatklep aan die hart en siel. In baie opsigte het dit ʼn reddingsboei geword soos ons meer en meer verstrengel in die oorlading van tegnologie en inligting.”

Die McGregor Gedigtefees fokus hoofsaaklik op poësie en is nie ‘n breë literêre fees nie.

“Gedigte moedig ons aan om ʼn kopskuif te maak na ‘n dieper sin van ons onderlinge en die bewustheid van die broosheid en waarde van ons dieper hoop en drome, sowel as ons natuurlike hulpbronne.”

“Growing Poets”-mentorskapprogram

Hierdie jaar word ʼn mentorskapprogram genaamd “Growing Poets” van stapel gestuur om ontluikende jong digters in die omgewing te identifiseer en te help. Daar is ʼn gedigtekompetisie vir digters 14 jaar tot 17 jaar wat deur die Worcester Standard tesame met McGregor Gedigtefees aangebied word. Besoek www.mcgregorpoetryfestival.co.za vir meer inligting.

Beste gedig-kompetisie: 18 jaar en ouer

Is jy ‘n bekende of in die geheim ʼn digter? Sou jy graag jou gedigte gepubliseer wou sien?
Stuur jou inskrywing voor 17 Augustus en staan ​​’n kans om R5 000 kontant te wen. Die wenner en finaliste sal aangekondig word op 29 Augustus by 09:30 by De Akker in McGregor. Die wengedigte word in die jaarlikse McGregor-digbundel gepubliseer. Stuur inskrywings aan [email protected]. Poësie in Afrikaans, Engels en Xhosa kan ingeskryf word; maksimum van twee gedigte per persoon.

Hierdie kompetisie is oop vir enige aspirant digter (18 jaar en ouer) wat nog nie ‘n bundel van hul eie gedigte gepubliseer het nie. Besoek www.mcgregorpoetryfestival.co.za vir meer inligting.

Waarom mag jy nie die McGregor Gedigtefees misloop nie?

Die derde McGregor Gedigtefees vind plaas vanaf 27 – 30 Augustus in die skilderagtige dorpie van McGregor in die Wes-Kaap. Hier is vyf redes waarom jy moet net nie hierdie baie spesiale geleentheid misloop nie.

Die poësie

Die fees is die enigste van sy soort in Suid-Afrika – toegewy aan die antieke vorm van poësie. ʼn Geleentheid waar topdigters van Suid-Afrika saam met jong opkomende digters ʼn verskeidenheid aan besoekers bied. Luister na die groot Antjie Krog, en ontdek ook die spesiale nuwe talent onder andere Ansa Smit. Meer as 50 digters gaan hul beste kom aanbied.

Die dorp

McGregor is ‘n spesiale plek. ‘n Vallei suid-wes van Robertson, en met geen deurpad nie, word jy omvou deur berge en die beste natuurskoon. Die dorp het ‘n verskeidenheid historiese huise wat selfs die mees verveelde hom aan sal verlustig. Wingerde wat die dorp omring bring ʼn spesiale mistiek, wat jy geredelik ervaar wanneer jy daar aankom.

Die mense

Die dorp word bewoon deur ‘n diverse en eksentrieke mengsel. Kunstenaars vryf skouers met ambagsmanne. Boere geniet ‘n glasie wyn saam met die filosowe. Loodgieters is gelukkig om brood te breek met die digters. Die dorp se blaasorkes marsjeer gelukkig op en neer in die hoofstraat. Oor die naweek van die fees, gaan gedigteliefhebbers omhels word deur die gasvryheid van inwoners. Die mense hier is spesiaal.

Die passie

Gedigte gaan oor passie, en oor die naweek sal jy dit ondervind. Jy sal tot trane gedryf word. Emosies van opgewek tot woede. Jy sal lag en liefhê. Jy sal die passie van die digters ervaar en jou daarin verlustig.

Die plesier en vreugde

Aan die einde van jou verblyf sal jy weet dat jy ‘n wonderlike tyd in ʼn magiese McGregor gehad het. Koester hierdie vreugde!

As jy jouself wil uitdruk en jou vaardigheid as ‘n skrywer ʼn geleentheid wil bied, is hierdie nou jou kans. Skryf ʼn gedig en stuur dit dan aan ons. Of kom saam na die McGregor Gedigtefees en luister na die groot digters – en word geïnspireer deur hulle. ‘n Wonderlike geleentheid wag vir jou.

Besprekings word gedoen deur Computicket.

Meer inligting hier: http://mcgregorpoetryfestival.blogspot.nl/p/2015-edition.html.
ʼn Volledige program is hier: www.mcgregorpoetryfestival.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/McGregorPoetry
Twitter: @McGPoetry

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.