Luister: Filmverse – waar digkuns en animasie ontmoet


filmverse

Filmverse is ʼn reeks animasiefilms van Afrikaanse gedigte. Foto: Skermskoot uit video

Die eerste Filmverse , ʼn reeks animasiefilms van Afrikaanse gedigte, is in 2014 uitgereik en het selfs ʼn paar nominasies ontvang, onder meer vir beste visuele kunste-aanbieding by die kykNET Fiëstas en die KKNK Kanna-toekennings.

Die animasiefilms word vervaardig deur die ATKV in samewerking met Fopspeen Moving Pictures en die tweede reeks van Filmverse word nou beplan vir 2016. Belangstellende animeerders wat graag daarvan deel wil wees, moet spring om seker te maak dat hulle die werkswinkels kan bywoon.

Die werkswinkels word op 14 en 15 September in Johannesburg aangebied en op 21 en 22 September in Stellenbosch.

Maroela Media het met Nita Cronje van die ATKV gesels oor die konsep van Filmverse en hoekom hierdie soort  projek belangrik is vir die animasiebedryf.

Vir meer besonderhede oor die werkswinkels, kontak Diek Grobler by [email protected], of Nita Cronjé by [email protected]

Filmverse 1 is nog die res van die jaar by die volgende geleenthede te sien:

  • Pretoria Kunsvereniging, Pretoria: 27 Julie – 5 Augustus
  • SA Book Fair, Newtown: 31 Julie – 2 Augustus
  • kykNET Silwerskermfees, Kampsbaai: 26 – 29 Augustus
  • Harlekijn en De Zuid-Afrikaanse Dagen, Soest, Nederland: 29 – 30 Augustus
  • McGregor Gedigtefees: 27 – 30 Augustus
  • Tuin van Digters, Breytenbach Sentrum ,Wellington: 19 en 20 September
  • Prins Albert Leesfees: 6 – 8 November

https://www.youtube.com/watch?v=-tBYOO2JZNA&feature=youtu.be

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gert ·

Ek het hierna geluister op Vers en Klank en dit het wonderlik geklink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.