“Een van my vriendinne is baie vroeg oorlede aan kanker toe ons skaars 16 was. Dié gedig is geskryf vir haar. Dit was baie moeilik om op daardie ouderdom te verstaan; dit was moeilik om te verwerk en ek as kind was so bang vir die dood. Die skrywe van gedigte soos hierdie het my nie net losgemaak van die ewige hartseer nie, maar ook van my vrees vir die dood. Eendag sal alles volmaak wees en eendag sal ek weer nuut wees, net ek en dié wat voor my gegaan het, saam my God.” – René Roux
Meer oor die ‘Steeds vrou’-digbundel
Benodig jy, of ʼn geliefde, ʼn bietjie hoop in ’n tyd waarin gevoelens van vrees en verlies veels te gereeld voorkom?
Kry nou die Steeds vrou-digbundel.
Steeds vrou bevat 40 gedigte uit die pen van skrywer en motiveringspreker Alta Strauss en die adjunk-uitvoerende hoof van Helpende Hand, René Roux.
“In ʼn wêreld vol gebrokenheid en baie stukkend en baie seer deel hulle so ʼn bietjie van hul harte, ʼn bietjie van hul verlies,” sê Hannes Noëth, Solidariteit Helpende Hand se uitvoerende direkteur.
Strauss en Roux se werk was aanvanklik nie bedoel om deur enigiemand gelees te word nie, maar ná alles sê albei van hulle: “Ons is steeds vrou.”
ʼn Pa wat verdrink, ʼn ongebore baba wat sterf, ʼn swangerskap wat net nie wil gebeur nie, drome wat nie wil realiseer nie, intimiteit wat soek geraak het en liefde wat seermaak. Dit is alles onderwerpe vir gedigte in die bundel.
“Ons praat nie net nie, ons ken verdriet en seer en verlies. Wees jouself, hê hoop, selfs in tye van verlies.
“Die doel van die bundel is om mense hoop te gee deur na die voorbeeld van vrouwees te verwys,” sê hulle.
Die opbrengs van die digbundel gaan na Helpende Hand se FroueVonds (met opset verkeerd gespel om te beklemtoon dat alles nie altyd reg verloop nie). Die FroueVonds streef daarna om vroue te bemagtig om pilare van hoop in hul gemeenskappe te wees. Die fonds sorg ook dat 3 000 behoeftige meisies sanitêre ware ontvang en stel jong vroue in staat om deur die Susanna Smit-studiefonds te studeer.
- Die digbundel is beskikbaar teen R120. Besoek www.steedsvrou.co.za vir bestellings of stuur ʼn e-pos na René Roux by [email protected].
- Lees meer oor die digbundel op Maroela Media.